SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

AREND VAN DIE OERWOUD EN TANYA DIE VEGTER REEKS

TANYA DIE VEGTER - Ook 'n gewilde reeks een met 'n vrou in die hoofrol. Dit moes seker kom. As jy van Zorro gehou het sal Tanya die vegter beslis in jou smaak geval het. Die tydvak was waarskynlik so tussen 'n ou Kaapse verhaal en 'n Afrikaanse wilde weste verhaal. Tanya was 'n skut van formaat, maar eintlik was sy meer 'n swaardvegter wat vir niemand terug gedeins het nie.

Sy sou enige iemand in die nood met pistool of swaard bygestaan het. Sy het 'n vriend gehad wat 'n ondergeskikte rol vertolk het met die naam van "Sjang". Hy word uitgebeeld as 'n Sjinees haar gevegskunsies geleer het en uiteraard ook boewe en ander kriminele saam met haar beveg het. Soos Zorro, het sy ook 'n masker gedra en was gewoonlik baie kleurvol geklee. Geen erkenning word aan enige skrywers of akteurs gegee nie. Haar boekie het naderhand ook 'n dubbelboek geword wat sy met "Arend van die Oerwoud" gedeel het, (deur Koos Papenfus).

Arend Van Die Oerwoud en Tanya Die Vegter - Kreet van wanhoop en Slagting met sonopArend Van Die Oerwoud en Tanya Die Vegter - Tem die monster en Om haar die geweld
8. Arend Van Die Oerwoud en Tanya Die Vegter - Kreet van wanhoop en Slagting met sonop 14. Arend Van Die Oerwoud en Tanya Die Vegter - Tem die monster en Om haar die geweld

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek and Koos Papenfus. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019